Hoofdinhoud

01-12-2018

Wie kan beter zeggen wat de invloed van een project is op de kinderen, dan de kinderen zelf? Onderstaande vijf tieners vertellen wat Elkana voor hen betekent, in het Afrikaans.

Anestra Warries (13 jaar), naschoolse opvang:
“Elkana beteken vir my baie. Die nasorg is baie lekker hier. Ons kry alles wat ons wil hê. Elkana gee vir ons kos, water as ons monde brand, koeldrank, brood. Party kinders kry klere hierso, bijvoorbeeld skoene, klere, skoolklere ensovoort. Elkana is soos ’n huis vir die kinders. Die mense ondersteun vir Elkana. Hulle koop vrugte en groente. Die onderwysers help vir ons met ons huiswerk. Hulle gee vir ons inligting wat ons nodig het. Hulle praat met ons as ons ongehoorsaam is. As ons nie wil luister nie, gee hulle vir ons briewe. Die tannies is vir ons soos ouers hier by Elkana. As dit vakansie is, dan gaan ons op uitstappies en ons gaan ook op kamer. Dankie aan Elkana se personeel wat vir ons help!”

Jason Timotheurs (14 jaar), naschoolse opvang:
“Elkana beteken baie vir my en al die kinders by Elkana. Vir my is dit wonderlik om by Elkana aan te sluit, nie net vir die aktiwiteite nie, maar ook vir die belangstelling en al die ander dinge. Ons word voorsien met ’n middagete en daarna kry ons kans om huiswerk en skooltake klaar te maak met die nodige hulp van Elkana personeel. Ons word waardevolle en belangrike goed geleer wat vir ons in die toekoms kan help. Daarom wil ek dankie se vir die personeel vir wat hulle insit om vir ons ’n beter toekoms te voorsien.”

Jermaine Lukas (18 jaar), drop-in:
“Dit is lekker om by Elkana te wees. Ons kry soveel goeie geleenthede wat ons nog nie voorheen gekry het nie. Die mense hier by Elkana behandel ons goed en is baie vriendelik met ons. Dit is goed om hier te wees. Ons gaan op kursusse hier by Elkana en ons ontmoet ook baie vriende hier. Om hier te wees voel amper soos ons eie huis.”

Jason Adonis (18 jaar), drop-in:
“Ek kom elke dag Elkana toe omdat ek baie leer hier. Dit bied baie geleenthede vir my om ’n breë toekoms te hê, met ’n goeie werk. Ek het ook baie goeie maniere geleer vandat ek by Elkana gekom het. Ek hou nou daarvan om met kinders en groot mense te kommunikeer, dit laat my goed voel. Ek het die programma sover geniet en sien baie uit om nog meer te leer en ek voel thuis hier. Vandag ken ek myself en weet wie ek is en weet wat ek in die toekoms wil hê en bereik. Ek wil ook dankie sê vir Elkana vir die kursusse wat ek kan bygewoon het en wat ek daar geleer het. Baie dankie aan alle personeel en die mense wat Elkana bestuur en ondersteun en borg. Elkana rocks! Want almal is baie vriendelik en gee ons al die liefde wat ons nodig het.”

Fatuma (10 jaar), shelter:
“Liewe Elkana, die dag toe ek hier gekom het was ek so hartseer. Ek het gedink ek sal vir so lank as wat ek hier gaan wees, hartseer wees. Maar ek was verkeerd. Ek is so gelukkig want ek het vriende en familie hier wat vir my omgee en lief is vir my. Ek wil vir Elkana dankie sê; vir alles wat hulle vir my doen en vir alles wat hulle vir my gegee het. Ek wil dankie sê, ek is lief vir Elkana.”